Netjiese en Veilige Tuks Studente Akkommodasie by Varsity Lodge in Lynnwood

Dit is deesdae nie maklik om netjiese en bekostigbare Tuks-studenteakkommodasie te vind wat gunstig geleë is nie. Gelukkig maak Varsity Lodge dit moontlik om sulke akkommodasie oorkant die Tuks-kampus te kry. Omdat die eenhede binne loopafstand van die kampus is, het jy nie eers jou eie vervoer nodig nie en daarmee saam hoef jy nie bekommer te wees oor laat kom vir klas weens die verkeer nie.

Varsity Lodge se Tuks-studenteakkommodasie is in Lynnwood geleë, naby genoeg aan Hatfield om by koshuisvriende te gaan kuier en ver genoeg van die stadsgewoel om nie gepla te word deur die geraas van die verkeer en naglewe nie. Binne loopafstand van Hatfield en die Gautrain-stasie, Tuks se sportgronde, en ook naby Menlyn en Hazelwood, bied ons Tuks-studenteakkommodasie jou ’n uiters gerieflike ligging.

Die Lynnwood Varsity Lodge bied 92 veilige en luukse eenhede binne 250 m van Tuks. Elkeen van die eenhede bestaan uit vyf, ses of sewe slaapkamers wat ’n sitkamer, eetkamer en kombuis deel. Dit is dus soos kommunes, maar veiliger, beter toegerus, netjies, en versorg.

Jy sal ook toegang tot beveiligde ondergrondse parkering hê, asook tot die wassery. Wi-Fi is ook beskikbaar. Dus kan jy in die gemak van jou eenheid die Internet gebruik en omdat jy so naby aan die Tuks-kampus is, kan jy deel wees van al die kampusaktiwiteite. Die kompleks het 24-uur sekuriteit en dan het jy ook nog die gerief van DStv.

Hoe lyk die kamers? 

Varsity Lodge bied Tuks-studenteakkommodasie in enkel- en dubbelkamers aan. Die enkelkamers is ongeveer 30 m2 in oppervlak en het elkeen van hulle het ’n driekwartbed asook ’n en-suite badkamer. Jy kan stylvolle meubels te wagte wees in jou eenheid. Die dubbelkamers beskik oor twee aparte, maar aangrensende, kamers van 13 m2 per kamer, toegerus met ’n enkelbed, gemeenskaplike badkamer en stylvolle meubels. Elkeen van die genoemde eenhede het ’n boekrak, koffietafel, bedkassie, lessenaar, bank en gordyne.

Fasiliteite 

Die eenhede word gediens en onderhou. Jy sal ook bly wees om te verneem dat onderhoud op ’n daaglikse basis op die eenhede uitgevoer word soos nodig en dat bestuur ook na-uurs beskikbaar is as jy ’n noodgeval het. Jy moet self jou kamer skoonmaak en skottelgoed was, maar die gemeenskaplike areas word vir jou skoongemaak. Jy kan dus op jou studies en ontspanning fokus eerder as om al jou tyd aan huiswerk te moet bestee.

Huisreëls 

Om ons gemaklike Tuks-studenteakkommodasie vir almal aangenaam en veilig te hou, is daar enkele huisreëls wat jy ook op ons webtuiste kan gaan lees. Dit help ook om te verseker dat jy studietyd het en nie elke dag met ’n groot lawaai opgeskeep hoef te sit nie. Met ’n baie goeie ligging in Lynnwood/Brooklyn is jy naby filmteaters, winkelsentrums, sportgeriewe en openbare vervoer. Dit is ’n veilige omgewing en met Tuks amper op jou voorstoep hoef jy nie lang ente saans ná klas te stap om terug by jou eenheid te kom nie.

Tariewe 

Jy kan ook die tariewe vir ons bekostigbare luukse Tuks-studenteakkommodasie van ons webtuiste aflaai.