Bekostigbare en Veilige Mediese Kampus Akkommodasie by Riviera Med

As jy op soek is na bekostigbare mediese kampus akkommodasie, sal jy baie beïndruk wees met die akkommodasie by Riviera Med Varsity Lodge. Hierdie mediese kampus akkommodasie is uiters netjies en bestaan uit verskeie studio-eenhede, prag-dakeenhede en die standaard tweeslaapkamereenhede. Die kompleks is daarby ook baie veilig, met 24-uur-sekuriteit.

Die ligging is veral ideaal omdat ons mediese kampus akkommodasie reg oorkant die Riviera Varsity Lodge geleë is en binne kort loopafstand van die mediese kampus. Trouens, dit is slegs 650 m van die mediese kampus af! Jy het ’n keuse van verskeie semi-gemeubeleerde eenhede om uit te kies en sou jy oor jou eie voertuig beskik, sal jy bly wees om te hoor dat daar ook veilige parkering beskikbaar is. Die akkommodasie sluit toegang to Wi-Fi in, asook water en elektrisiteit.

Elkeen van die enkelwoonstelle het sy eie badkamer, stort en wasbak, terwyl die solder- of dakeenhede oopplan is met ruim leefspasie en trappe wat na die kamer lei. Elkeen van hierdie mediese kampusakkommodasieeenhede het ook ’n badkamer, stort en wasbak. Die eenhede sluit ’n bed, blinders, boekrak, lessenaar en stoel, asook ’n yskas, mikrogolfoond en ’n induksiestoof in.

Jy het dus al die geriewe wat jy ooit sal nodig kry, ’n netjiese wooneenheid en dan ook die perfekte ligging, amper op die voorstoep van die mediese kampus. Die twee standaard slaapkamereenhede het elkeen sy eie kombuis met ’n gemeenskaplike badkamer vir die twee kamers. Die eenhede het nie ’n sitkamer nie, maar elkeen van die kamers het wel ’n bed, lessenaar en stoel, boekrak en blinders. Die kombuise in die eenhede sluit ’n mikrogolfoond, induksiestoof en yskas in.

Geriewe 

Nie net is hierdie mediese kampus akkommodasie van Varsity Lodge uiters gunstig geleë, netjies en bekostigbaar nie, dit bied ook geriewe soos skoonmaakdienste in. Die kombuis, badkamer en sitkamer van elke eenheid word elke dag van Maandag tot Saterdag skoongemaak. Jy kan dus op jou studies konsentreer, want die noodsaaklike huiswerk word vir jou gedoen. Jy moet egter self jou skottelgoed was en jou eie kamer skoonmaak, want die skoonmakers word nie in die kamers toegelaat nie.

Goeie onderhoud 

Die eenhede word weekliks geïnspekteer om te sien wat herstel moet word. Die onderhoud word dan gedoen en dus kan jy verwag om in ’n goedversorgde eenheid tuis te gaan. Die bestuurslede van die kompleks is ook na-ure beskikbaar, sou jy ’n noodgeval hê.

Wat is die tariewe? 

Jy kan die nuutste tariewe vir die Riviera Med mediese kampus akkommodasie van ons webwerf aflaai.